Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 16:1-2 Bybel vir Almal (ABA)

Korag, Datan, Abiram en On het opstandig geword teen Moses. Korag was die seun van Jishar seun van Kehat seun van Levi, Datan en Abiram was die seuns van Eliab, en On was die seun van Pelet. Hulle was uit die nageslag van Ruben. Saam met hulle was daar 250 manne van Israel, manne wat leiers van die volk was. Die volksvergadering het hulle voorheen gekies, en almal het hulle geken.

Lees volledige hoofstuk Numeri 16

Kyk Numeri 16:1-2 in konteks