Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 14:9-18 Bybel vir Almal (ABA)

9. Maar dan moet julle nie opstandig wees teen die Here nie en julle moenie bang wees vir die mense in die land nie. Ons sal hulle maklik oorwin. Niemand sal hulle kan beskerm nie. Die Here is by ons, julle moenie bang wees nie.”

10. Die hele vergadering het toe gesê hulle gaan vir Josua en Kaleb doodgooi met klippe. Maar toe sien al die Israeliete dat die Here, die Koning, by die tent is waar Hy aan die Israeliete verskyn.

11. Die Here sê toe vir Moses: “Hierdie volk hou aan om te maak of Ek nie vir hulle belangrik is nie. Ek het vir hulle baie tekens gewys. Hulle glo nie dat Ek hulle sal help nie. Hoe lank wil hulle aanhou om dit te doen?

12. Ek sal hulle siek laat word van pes en Ek sal hulle almal laat sterf. Dan sal Ek jou nageslag ’n volk maak wat groter en sterker as hulle is.”

13. Toe sê Moses vir die Here: “Die Egiptenaars sal dit hoor, want U het hierdie volk van hulle laat weggaan omdat U sterk is.

14. Die Egiptenaars sal praat met die mense wat in hierdie land woon. Hulle het gehoor dat U, die Here, by hierdie volk is en dat U self aan hulle verskyn. Hulle het gehoor dat U hulle in die dag lei met ’n wolk bokant hulle en in die nag met vuur.

15. As U nou die hele volk laat sterf, dan sal die volke wat van U gehoor het, sê:

16. ‘Die Here was nie sterk nie, Hy kon nie hierdie volk in die land bring wat Hy vir hulle belowe het nie, daarom het Hy hulle in die woestyn laat sterf.’

17. Daarom, Here, U moet asseblief nou wys dat U sterk is. U het self gesê:

18. ‘Ek, die Here, is geduldig en vol liefde, Ek vergewe mense wanneer hulle sonde doen en opstandig is, maar Ek sê nie iemand is onskuldig wanneer hy skuldig is nie, Ek straf die nageslag oor die sondes van hulle voorvaders, Ek straf hulle tot in die derde en vierde geslag.’

Lees volledige hoofstuk Numeri 14