Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 13:16-28 Bybel vir Almal (ABA)

16. Dit is die name van die mense wat Moses gestuur het om te gaan kyk hoe die land lyk. Moses het vir Hosea seun van Nun die naam Josua gegee.

17. Toe Moses hulle gestuur het om te gaan kyk hoe die land lyk, het hy vir hulle gesê: “Julle moet van hier deur die Suid-land na die berge gaan.

18. Julle moet kyk hoe die land is en of die mense wat in die land woon, sterk of swak is, of hulle min of baie is.

19. Julle moet kyk of dit ’n goeie of ’n slegte land is waarin hulle woon, en of hulle woon in kampe of in stede wat sterk mure het.

20. Julle moet kyk of die grond vrugbaar is of nie, en julle moet kyk of daar bome is of nie. Julle moenie bang wees nie, julle moet van die vrugte in die land saambring wanneer julle terugkom.”Dit was die tyd wanneer die druiwe begin ryp word.

21. Die manne het gegaan en hulle het gekyk hoe die land lyk, van die Sin-woestyn tot by die stad Regob naby die stad Lebo-Hamat.

22. Toe hulle deur die Suid-land gaan en by die stad Hebron kom, het hulle die Enak-mense Agiman, Sesai en Talmai daar gekry. Mense het die stad Hebron gebou sewe jaar voordat hulle die stad Soan in Egipte gebou het.

23. Toe die manne by ’n vallei kom waar daar druiwe is, het hulle ’n tak afgesny. Daar was ’n tros druiwe aan die tak, en twee van die manne het die druiwe vasgemaak aan ’n paal en hulle het dit op hulle skouers gedra. Hulle het ook granate en vye saamgebring.

24. Hulle het daardie plek “Druiwe-vallei” genoem omdat die Israeliete die tros druiwe daar afgesny het.

25. Die manne het ná 40 dae teruggekom nadat hulle na alles in die land gekyk het.

26. Hulle het by Moses en Aäron en die hele volksvergadering van Israel by die stad Kades in die Paran-woestyn gekom. Die manne het vir hulle vertel wat hulle gesien het en het vir hulle gewys hoe lyk die vrugte in die land.

27. Hulle het vir Moses gesê: “Ons het na die land gegaan waarnatoe jy ons gestuur het. Dit is ’n land waar daar baie melk en heuning is, hier is van die vrugte van die land.

28. Maar daar is ’n probleem: Die mense wat in die land woon, is sterk en hulle woon in groot stede wat sterk mure het. Ons het ook Enak-mense daar gesien.

Lees volledige hoofstuk Numeri 13