Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 3:17-24 Bybel vir Almal (ABA)

17. Die Leviete het die volgende stukke van die muur reggemaak. Regum seun van Bani het die eerste stuk reggemaak. Gasabja het die volgende stuk reggemaak. Dit was die stuk langs sy deel van die stad. Gasabja was die amptenaar wat regeer het oor die helfte van Keïla, een van die dele van die stad.

18. Die Leviet Bawwai seun van Genadad het die volgende stuk reggemaak. Bawwai was die amptenaar wat regeer het oor die ander helfte van Keïla, een van die dele van die stad.

19. Die Leviet Eser seun van Jesua het ’n tweede stuk reggemaak, die stuk van oorkant die plek waar ’n mens opgaan na die wapenkamer op die hoek van die muur. Eser was die amptenaar wat regeer het oor Mispa, ’n deel van die stad.

20. Baruk seun van Sabbai het ook ’n tweede stuk reggemaak. Dit was die stuk van die hoek tot by die poort van die huis van Eljasib, die hoëpriester.

21. Meremot seun van Urija seun van Kos het ’n tweede stuk reggemaak. Dit was die stuk van die poort voor die huis van Eljasib tot by die kant van Eljasib se huis.

22. Die priesters wat daar naby gewoon het, het die volgende stuk van die muur reggemaak.

23. Benjamin en Gassub het die stuk oorkant hulle huis reggemaak, en Asarja seun van Maäseja seun van Ananeja het die stuk oorkant sy huis reggemaak.

24. Binnuï seun van Genadad het ’n tweede stuk van die muur reggemaak. Dit was van die huis van Asarja tot by die draai en die hoek van die muur.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 3