Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 13:1-12 Bybel vir Almal (ABA)

1. Daardie dag het die mense gehoor dat die Boek van Moses sê:“Daar mag nooit Ammonieteof Moabiete in die volkvan God wees nie,

2. want hulle het nie vir die Israelietekos en water gegee nie,en Balak het vir Bileam gehuurom die Israeliete te vervloek.”Ons God het gekeer dat Bileam die Israeliete vervloek, hy moes hulle seën.

3. En toe die mense hoor wat die wette sê, het hulle gesê almal wat nie Israeliete is nie, moet weggaan.

4. Die priester Eljasib moes kyk dat alles reg is in die kamers by die tempel van ons God. Hy was familie van Tobija, en hy het voorheen

5. vir Tobija ’n groot kamer gegee om in te woon. Dit was die kamer waarin hulle voorheen die koring vir die koring-offer gebêre het en ook die wierook en die gereedskap en die tiendes van koring, wyn en olyf-olie. Die Leviete en die mense wat moes sing en die poortwagte moes die tiendes kry, en die priesters moes hulle eie deel van die tiendes kry.

6. Ek was in daardie tyd nie in Jerusalem nie, want ek het teruggegaan na koning Artasasta van Babel. Dit was in die 32ste jaar nadat Artasasta koning geword het. Maar ná ’n tyd het ek vir die koning gevra of ek na Jerusalem mag gaan.

7. Toe ek in Jerusalem kom, het ek gehoor dat Eljasib ’n verkeerde ding gedoen het. Eljasib het vir Tobija ’n kamer gegee langs die oop stuk grond by die tempel.

8. Ek het gedink dit is baie verkeerd. Ek het Tobija se goed uit die kamer gegooi

9. en ek het gesê die priesters moet die kamers reinig. Daarna het ek die tempel-gereedskap daar teruggesit en ook die koring en die wierook.

10. Ek het gehoor dat die Leviete nie kos gekry het nie, en dat hulle teruggegaan het na hulle grond om daar te werk. Die Leviete en die mense wat gesing het, moes die werk by die tempel doen.

11. Ek het met die leiers geraas en vir hulle gesê: “Hoekom het julle nie die tempel netjies gehou en reggemaak nie?”Ek het die Leviete laat terugkom en ek het hulle weer daar laat werk.

12. Al die mense van Juda het toe weer die tiendes van koring, wyn en olyf-olie na die stoorkamers gebring.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 13