Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 11:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die leiers van die mense het in Jerusalem gewoon. Die ander mense het lootjies getrek om te sien wie in Jerusalem moet woon. Een uit elke tien mense moes in Jerusalem woon, die ander mense het in die ander stede gewoon.

2. Die mense het almal geprys wat self besluit het om in Jerusalem te woon.

3. Hier is die name van die hoofde van die provinsie Juda wat in Jerusalem gewoon het. In die ander stede van Juda het elkeen op sy eie plek gewoon: die Israeliete, die priesters, die Leviete, die tempel-slawe en die nageslag van die slawe van Salomo.

4. Party mense van die stamme Juda en Benjamin het in Jerusalem gewoon. Van die Juda-stam was daar Ataja seun van Ussia seun van Sagaria seun van Amarja seun van Sefatja seun van Mahalalel. Hulle was van die nageslag van Peres.

5. Van die nageslag van Sela was daar Maäseja seun van Baruk seun van Kol-Gose seun van Gasaja seun van Adaja seun van Jojarib seun van Sagaria.

6. Die manne van die nageslag van Peres wat in Jerusalem gewoon het, was almal saam 468. Hulle was mense wat hulle eie grond gehad het.

7. Van die Benjamin-stam was daar die familie van Sallu seun van Mesullam seun van Joëd seun van Pedaja seun van Kolaja seun van Maäseja seun van Itiël seun van Jesaja.

8. Sallu se broers was Gabbai en Sallai. Daar was 928 mense van die Benjamin-stam.

9. Hulle hoof was Joël seun van Sikri. Juda seun van Senua het regeer oor die Tweede Stad.

10. Van die priesters was daar Jedaja seun van Jojarib, Jakin en

11. Seraja seun van Gilkija seun van Mesullam seun van Sadok seun van Merajot seun van Agitub. Agitub was die hoof-opsigter van die tempel.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 11