Ou Testament

Nuwe Testament

Nahum 1:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Nahum gewys wat Hy met die stad Nineve wil doen. Nahum het van die stad Elkos gekom. Die Here het gesê Hy sal Nineve straf.

2. Die Here is ’n Godwat baie kwaad worden wat sy vyande straf.Hy straf die mense wat teen Hom is,Hy bly kwaad vir sy vyande.

3. Die Here is geduldigen baie sterk,maar as iemand skuldig is,dan sal die Here hom straf.Wanneer die Here kom,dan is daar ’n sterk winden ’n storm.Die wolke is soos stofonder sy voete.

4. Wanneer Hy met die see raas,dan word die see droog.Hy laat al die riviere droog word.Die plante in Basanen op Karmel-berg word droog.Al die blomme op die Libanon-bergverlep en gaan dood.

5. Die berge skud voor die Here,die heuwels smelt,die wêreld en almalwat op die wêreld woon,skrik wanneer die Here kom.

6. Wie kan voor God staanwanneer Hy kwaad is?Niemand nie.Wanneer God kwaad is,dan is dit soos ’n vuur wat brand.Die rotse breek stukkendvoor Hom.

Lees volledige hoofstuk Nahum 1