Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 4:7-14 Bybel vir Almal (ABA)

7. Ek sal my skape terugbring,my skape wat oorgebly het.Ek het my volk weggejaag,maar Ek sal hulle terugbringen Ek sal hulle weer ’n sterk volk maak.Ek sal self op Sionsbergoor hulle regeer, vir altyd.

8. En soos voorheen sal daar weer’n koning in Jerusalem wees,en hy sal kykdat dit goed gaan met my volk.”

9. Jerusalem, hoekom skree jy?Hoekom kry jy seersoos ’n vrou wat ’n kind kry?Is jou koning weg?Is die mense wegwat vir jou moet sêwat om te doen?

10. Jy moet seerkry,jy moet skreesoos ’n vrou wat ’n kind kry,want jou mensemoet uit die stad gaan.Hulle moet in die veld gaan woonen dan na die stad Babel gaan.Die Here sê:“Daar in Babel sal Ek julle red,Ek sal julle vrymaakvan julle vyande.”

11. Baie volke het gekomom oorlog te maak teen julle.Hulle sê:“Ons sal die stad oorwin,ons sal sy mure afbreek!”

12. Maar hulle weet niewat die Heremet hulle wil doen nie,hulle verstaan niedie Here se planne nie.Die Here het die volkebymekaargebringsoos ’n boer koring-gerwebymekaarbringop die dorsvloer.

13. Nou moet die mensevan Jerusalem die volke trapsoos beeste die koring-gerwe trap.Die Here sê:“Ek gee vir hulle ysterhoringsen brons-pote.Dan kan hulle die volke fyntrapen hulle kan die volke se goed vaten vir My present gee.”Die volke se goed sal behoortaan die Here van die hele aarde.

14. Julle sê:“Jerusalem is ’n stadwaar daar baie diewe is,en die vyande maak oorlogteen die mense in die stad.Die vyande kom van al die kante,en hulle wil die koning van Israelmet stokke teen sy gesig slaan.

Lees volledige hoofstuk Miga 4