Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 7:4-14 Bybel vir Almal (ABA)

4. Hy moet ook die twee niere offer, en die vet wat aan die niere is by die kruis, en ook die punt van die lewer wat hy saam met die niere uitsny.

5. Die priester moet dit op die altaar verbrand. Dit is ’n vuur-offer vir die Here, dit is ’n skuld-offer.

6. ’n Man of ’n seun van die priesters se familie mag die vleis van die skuld-offer eet. Hulle moet dit eet op ’n gewyde plek, dit is hoog-gewyd.

7. Hulle moet dieselfde doen met die skuld-offer soos met die sonde-offer. Die priester wat versoening doen, kry dit.

8. “Die priester wat iemand se brand-offer offer, mag die vel kry van die dier wat hy ge-offer het.

9. Elke koring-offer wat iemand in ’n oond bak of gereedmaak in ’n pan of op ’n bakplaat, behoort aan die priester wat dit ge-offer het.

10. Elke ander koring-offer, die koring-offer wat hulle met olyf-olie gemeng het, en die koring-offer wat droog is, behoort aan die priesters van die nageslag van Aäron, enige een van hulle kan dit kry.”

11. “En dit is hoe iemand vir die Here ’n ete-offer moet bring:

12. As hy offer om vir die Here dankie te sê, dan moet hy saam met die dank-offer ook ongesuurde rondebrood van meel offer. Hy moet dit meng met olyf-olie, ongesuurde roosterkoek waarop hy olyf-olie gesmeer het, en rondebrood van die beste meel wat hy gemeng het met olyf-olie.

13. Saam met die dank-offer, sy ete-offer, moet hy ook ’n offer bring van rondebrood wat hy met suurdeeg gebak het.

14. Hy moet ’n deel van alles wat hy offer, vir die Here present gee. Die priester wat die bloed van die ete-offers sprinkel, moet dit kry.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 7