Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 7:22-33 Bybel vir Almal (ABA)

22. Die Here het vir Moses gesê:

23. “Jy moet vir die Israeliete sê: Julle mag nooit vet van ’n bees of ’n skaap of ’n bok eet nie.

24. Wanneer ’n dier gevrek het, of wanneer ’n wilde dier dit doodgemaak het, dan mag julle die vet gebruik vir julle werk, maar julle mag glad nie die vet eet nie.

25. Ja, julle moet enige iemand afsny van sy volk wanneer hy die vet eet van ’n dier wat iemand vir die Here op die altaar ge-offer het.

26. “Julle mag ook nooit bloed eet nie, oral waar julle woon, nie ’n voël se bloed nie en ook nie ’n dier se bloed nie.

27. Julle moet enige iemand wat bloed eet, afsny van sy volk.”

28. Die Here het vir Moses gesê:

29. “Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer iemand vir die Here ’n ete-offer bring, dan moet hy ’n deel van die vleis vir die Here offer.

30. Hy moet self die vet en die bors van die dier vir die Here gee. Die bors moet ’n beweeg-offer vir die Here wees.

31. Die priester moet die vet op die altaar verbrand, en Aäron en sy seuns moet die bors kry.

32. Julle moet die regter-boud van die ete-offer ook vir die priesters present gee.

33. Die priester wat die bloed en die vet van die ete-offer verbrand, moet die regter-boud kry,

Lees volledige hoofstuk Levitikus 7