Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 2:6-16 Bybel vir Almal (ABA)

6. Jy moet die brood in stukke breek en olyf-olie daaroor gooi. Dit is ’n koring-offer.

7. “Wanneer jy ’n koring-offer wil gee wat jy in ’n bakpan gebak het, dan moet jy die beste meel gebruik en jy moet dit meng met olie.

8. Jy moet die koring-offer bring wat jy só vir die Here gaargemaak het. Jy moet dit vir die priester gee, en die priester moet dit op die altaar offer.

9. Uit die koring-offer moet die priester die deel neem wat die Here moet kry en hy moet dit op die altaar verbrand. Dit is ’n vuur-offer, dit ruik lekker vir die Here.

10. Die deel van die koring-offer wat oorbly, behoort aan Aäron en sy seuns. Dit is ’n hoog-gewyde deel van die vuur-offers vir die Here.

11. Jy moenie suurdeeg of heuning sit in ’n koring-offer wat jy vir die Here gee nie, want julle mag nie suurdeeg of heuning verbrand in ’n vuur-offer vir die Here nie.

12. Julle mag suurdeeg of heuning vir die Here gee. Dit is dan ’n offer van julle beste dinge. Maar dit mag nie op die altaar kom nie, dit sal nie vir die Here lekker ruik nie.

13. Jy moet sout gooi op al jou koring-offers. Jy moenie vergeet om sout by jou koring-offers te sit nie. Die sout is die teken van die verbond met jou God. Jy moet sout gee saam met al jou koring-offers.

14. “Wanneer jy vir die Here ’n koring-offer gee van die koring wat jy eerste afgesny het, dan moet dit vars koring wees wat jy gebraai of gestamp het. Jy moet dit gee, dit is die koring-offer uit die eerste koring wat jy afgesny het.

15. Jy moet olyf-olie daarby sit en jy moet wierook bo-op sit. Dit is die koring-offer.

16. Die priester moet dan die deel van die vars koring en olyf-olie verbrand saam met al die wierook, dit is die deel wat die Here moet kry. Dit is ’n vuur-offer vir die Here.”

Lees volledige hoofstuk Levitikus 2