Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 13:4-13 Bybel vir Almal (ABA)

4. “Partymaal is die vlek op die vel wit en dit lyk of dit nie dieper is as die vel nie. As die hare op die vlek nie wit geword het nie, dan moet die priester die persoon sewe dae lank toesluit.

5. Die priester moet op die sewende dag weer na die persoon kyk, en as hy sien dat die seerplek op die vel nie groter geword het nie, dan moet hy die persoon nóg sewe dae toesluit.

6. Die priester moet ná sewe dae weer na die persoon kyk, en as die seerplek dof is en dit het nie groter geword nie, dan moet die priester sê dit is ’n ander velsiekte, die persoon is rein. Die persoon moet sy klere was, dan sal hy rein wees.

7. “Maar as die skurwe plek groter geword het nadat die persoon by die priester was en as die priester gesê het dat hy rein is, dan moet die persoon weer na die priester toe kom.

8. Die priester moet kyk, en as die skurwe plek op die vel groter geword het, dan is die persoon melaats, en die priester moet dan sê die persoon is onrein.

9. “Wanneer iemand ’n seerplek het wat miskien melaats is, dan moet sy mense hom na die priester toe bring.

10. Die priester moet na die seerplek kyk. As die seerplek op die vel wit is en dit is geswel, en die hare op die seerplek is wit, en as die seerplek rou is,

11. dan is die seerplek melaats. Die priester moet dan sê dat die persoon onrein is. Hy moet hom nie toesluit nie, want hy weet die persoon is onrein.

12. “Maar as dit vir die priester lyk of die siekte op die persoon se hele liggaam is, van sy kop tot by sy tone,

13. dan moet die priester goed kyk, en as hy sien dat die vel op die persoon se hele liggaam wit geword het, dan moet hy sê dat die persoon rein is.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 13