Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 22:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Daarna het Josua die manne van die stamme Ruben, Gad en die halwe Manasse-stam geroep

2. en vir hulle gesê: “Julle het alles gedoen wat Moses, die dienaar van die Here, vir julle gesê het en julle was altyd gehoorsaam aan my.

3. Julle het hierdie hele lang tyd tot vandag toe nie die ander Israeliete gelos nie en julle het gedoen wat die Here wil hê.

4. En nou het julle God die Here die ander Israeliete laat wen teen hulle vyande, Hy het dit vir hulle belowe. Gaan nou terug na julle woonplekke in die land wat aan julle behoort, die land oos van die Jordaan-rivier. Dit is die land wat Moses, die dienaar van die Here, vir julle gegee het.

5. Maar onthou, julle moet seker maak dat julle doen wat die gebooie en die wette sê wat Moses, die dienaar van die Here, vir julle gegee het. Julle moet lief wees vir julle God die Here, julle moet lewe soos Hy wil hê en julle moet doen wat sy gebooie sê. Julle moet aanhou om Hom te dien met julle hele hart, met julle hele lewe.”

6. Josua het hulle geseën en hy het hulle laat gaan, en hulle het na hulle woonplekke gegaan.

7. Moses het vir die een helfte van die Manasse-stam grond gegee in die land Basan, en Josua het vir die ander helfte van die stam grond gegee by die ander Israeliete wes van die Jordaan-rivier. Josua het hulle laat gaan na hulle woonplekke en hy het hulle geseën.

Lees volledige hoofstuk Josua 22