Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 19:24-34 Bybel vir Almal (ABA)

24. Josua het die vyfde lootjie getrek, die families in die Aser-stam het toe hulle grond gekry.

25. Die stede wat aan hulle behoort, is: Gelkat, Gali, Beten, Aksaf,

26. Alammelek, Amad en Misal. By die westekant gaan die grens langs Karmel-berg en die stad Sigor-Libnat verby.

27. Dan draai die grens oos na die stad Bet-Dagon, en dit gaan langs die grond van die Sebulon-stam en by die stad Ge-Jiftag-El verby na die noorde, na die stede Bet-Emek en Neïel, en dan na die stad Kabul in die noorde

28. en na die stede Abdon, Regob, Gammon en Kana, en dan tot by die stad Groot-Sidon.

29. Dan gaan die grens na die stad Rama en tot by die stad Tirus wat sterk mure het, dan na die stad Gosa, en dan gaan dit tot teen die see naby die stad Aksib en

30. die stede Uma, Afek en Regob. Hulle het 22 stede en die dorpies daar naby gekry.

31. Hierdie stede en die dorpies daar naby behoort aan die families in die Aser-stam.

32. Josua het die sesde lootjie getrek, en die families in die Naftali-stam het toe hulle grond gekry.

33. Die grens van hulle grond begin by die stad Gelef, by die groot boom by die stad Saänannim, en dit gaan verby die stede Adami-Nekeb en Jabneël tot by die stad Lakkum, en dan tot teen die Jordaan-rivier.

34. Dan draai die grens wes na die stad Asnot-Tabor en dit gaan van daar na die stad Gukok, en verder tot teen die Jordaan-rivier oos van die land Juda. Die grond van die Sebulon-stam is suid van die grond van die Naftali-stam, en die grond van die Aser-stam is wes van die grond van die Naftali-stam.

Lees volledige hoofstuk Josua 19