Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 17:3-10 Bybel vir Almal (ABA)

3. Maar Selofgad seun van Gefer seun van Gilead seun van Makir seun van Manasse het nie seuns gehad nie, hy het net dogters gehad. Hulle name was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa.

4. Hulle het na die priester Eleasar toe gekom en na Josua en die leiers en hulle het gesê: “Die Here het vir Moses gesê hy moet vir ons ook grond gee tussen die ander mense van ons stam.”Moses het vir hulle grond gegee tussen hulle pa se broers, Moses het gedoen soos die Here gesê het.

5. Die Manasse-stam het toe Gilead en Basan oos van die Jordaan-rivier gekry en ook nog tien ander dele,

6. want die dogters van Manasse het grond gekry saam met sy seuns. Die ander Manasse-mense het die land Gilead gekry.

7. Die grond van die Manasse-stam begin langs die grond van die Aser-stam en gaan tot by die stad Mikmetat, oos van die stad Sigem, en dan suid tot by die mense wat in die stad En-Tappuag woon.

8. Die stad Tappuag is op die grens tussen Manasse en Efraim se grond. Die grond rondom die stad het aan die Manasse-stam behoort, maar die stad self het aan die Efraim-stam behoort.

9. Die grond van die Manasse-stam gaan tot teen die Kana-vallei. Die grens is noord van die vallei tot teen die see. Suid van die vallei is daar stede van Efraim, hierdie stede was tussen die stede wat aan Manasse behoort.

10. Efraim se grond was suid van die vallei en Manasse se grond was noord. Manasse se grond gaan tot by die see, en noord van sy grond is die grond van die Aser-stam, en oos is die grond van die Issaskar-stam.

Lees volledige hoofstuk Josua 17