Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 3:2-11 Bybel vir Almal (ABA)

2. Ek sal al die volkebymekaarmaaken Ek sal hulle vatna die Josafat-vallei.Daar sal Ek die volke strafoor wat hulle gedoen hetaan my volk,die Israeliete wat aan My behoort.Die volke het my volk weggevatna ander landeen hulle het my landvir hulleself gevat.

3. Hulle het my mense slawe laat word,hulle het lootjies getrekom te kyk wie kry ’n slaaf.Hulle het my seunsen my dogters verkoopom prostitute en wyn te kry.

4. En julle, mense van Tirus en Sidonen die hele Filistyne-land,wat wil julle met My doen?Wil julle My strafomdat ander volkeslegte dinge aan julle gedoen het?As julle My wil straf,dan sal Ek nie wagom julle te straf nie.Ek sal julle strafoor alles wat julleverkeerd gedoen het.

5. Julle het my silweren goud gevat,julle het die mooiste goedin my tempelna julle tempels toe gevat.

6. Julle het die mensevan Juda en Jerusalemverkoop aan die Grieke,ver weg van my mense se land.

7. Nou sal Ek my menselaat terugkomvan die plekkewaarnatoe hulle gegaan hettoe julle hulle verkoop het.Ek sal julle straf oor alleswat julle met my volk gedoen het.

8. Ek sal julle seunsen dogters verkoopaan die mense van Juda,en hulle sal julle seunsen dogters verkoopaan die mense van Skeba,die volk wat ver van hier woon.”Die Here het dit gesê.

9. Julle moet vir die volke skreeen sê:“Julle moet gereedmaaken julle moet gaan oorlog maak.Roep die soldate,al die soldate moet komen hulle moet gaan oorlog maak.

10. Julle moet swaardeen spiese maakvan die skerp ysterswaarmee julle ploegen bome se takke afsny.’n Man wat nie sterk is nie,moet ook sê:‘Ek is ’n soldaat!’

11. Die volke wat daar naby woon,moet gou maak en bymekaarkom,en die Here moet sy soldate bring.

Lees volledige hoofstuk Joël 3