Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 3:13-17 Bybel vir Almal (ABA)

13. Dit is nou die tyd om hulle te straf.Die volke is soos koring wat ryp is.Bring die sekelen sny hulle af!Trap die druiwe,want die parskuip is vol,dit loop oor.Daar is baie slegte mensevir wie Ek sal straf!

14. Daar sal baie mense wees,baie mense, op daardie plekwaar die Here die mensesal oordeel.Die dag van die Here is naby,die dag wanneer Hydie mense sal oordeel.

15. Die son en die maansal donker word,die sterre sal nie meer skyn nie.

16. Die Here sal hard praatuit Jerusalem,so hard soos ’n leeu wat brul.Die hemel en die aarde sal bewe,maar die Heresal sy volk beskerm.Die Israeliete sal veilig weesby Hom.

17. Dan sal julle weet dat Ek,die Here, op Sionsberg woon.Ek is julle God die Here,en Sion is my gewyde berg.Jerusalem sal ’n gewyde stad wees.Vyande sal nooit weerdeur die stad gaan nie.”

Lees volledige hoofstuk Joël 3