Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 3:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here sê:“In daardie tyd sal Ekdit weer goed laat gaanin Juda en in Jerusalem.

2. Ek sal al die volkebymekaarmaaken Ek sal hulle vatna die Josafat-vallei.Daar sal Ek die volke strafoor wat hulle gedoen hetaan my volk,die Israeliete wat aan My behoort.Die volke het my volk weggevatna ander landeen hulle het my landvir hulleself gevat.

3. Hulle het my mense slawe laat word,hulle het lootjies getrekom te kyk wie kry ’n slaaf.Hulle het my seunsen my dogters verkoopom prostitute en wyn te kry.

4. En julle, mense van Tirus en Sidonen die hele Filistyne-land,wat wil julle met My doen?Wil julle My strafomdat ander volkeslegte dinge aan julle gedoen het?As julle My wil straf,dan sal Ek nie wagom julle te straf nie.Ek sal julle strafoor alles wat julleverkeerd gedoen het.

5. Julle het my silweren goud gevat,julle het die mooiste goedin my tempelna julle tempels toe gevat.

6. Julle het die mensevan Juda en Jerusalemverkoop aan die Grieke,ver weg van my mense se land.

Lees volledige hoofstuk Joël 3