Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 2:5-12 Bybel vir Almal (ABA)

5. Hulle raas soos wanneer oorlogkarre oor die berge jaag,hulle raas soos wanneer kafin ’n vuur brand,soos wanneer baie soldateaankom om oorlog te maak.

6. Al die volke bewewanneer die sprinkane kom,almal skrik,en hulle gesigte word bleek.

7. Die sprinkane hardloopsoos soldate wat kom oorlog maak,hulle klim bo-oor die stad se mure.Elkeen gaan reguit vorentoe,hy draai nie links of regs nie.

8. Hulle stamp nie teen mekaar nie,elkeen loop op sy eie pad.Die mense gooi baie sprinkanemet klippe dood,maar die ander sprinkanestaan nie stil nie.

9. Hulle hardloop in die stad in,hulle hardloop oor die mure,hulle klim teen die huise op,hulle klim soos diewedeur die vensters.

10. Wanneer die sprinkane kom,dan bewe die aardeen skud die hemel.Dan word die sonen die maan donker,en die sterre skyn nie meer nie.

11. Dit is die Here selfwat die sprinkane bring.Die sprinkane is sy soldate,en Hy roep hulle om te kom.Hulle is baie soldateen hulle is sterk,en hulle almal luister na Hom.Ja, die dag van die Hereis ’n vreeslike dag!Dit is ’n verskriklike dag,niemand sal lewewanneer daardie dag verby is nie.

12. Maar die Here sê daar is nog tyd.Hy sê:“Julle moet terugkom na My toe.Julle moet My altyd dien,julle moet net vir My dien.”Julle moet vas en huil en treur.

Lees volledige hoofstuk Joël 2