Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 2:18-31 Bybel vir Almal (ABA)

18. Die Here is baie lief vir sy land.Hy was jammer vir sy volk.

19. Die Here het vir sy volk gesê:“Ek stuur vir julleal die koring en wynen olyf-olie wat julle nodig het.Ek sal julle help.Die ander volke sal jullenie weer spot nie.

20. Die sprinkane het julle aangevalsoos julle vyandewat altyd van die noorde kom.Maar Ek sal die sprinkane wegvat,ver weg van julle.Ek sal hulle wegjaagna ’n droë land.Niks kan daar lewe nie.Die sprinkane wat voor is,sal in die Dooie See val,en die sprinkane wat agter is,sal in die Middellandse See val.Hulle sal vrek en stink.”Die Here sal’n wonderwerk doen.

21. Die mense van die landmoenie bang wees nie,hulle moet bly wees en juig,want die Here sal’n wonderwerk doen.

22. Die diere moenie bang wees nie,want die veld waar die diere wei,sal groen word.Die bome sal vrugte kry,daar sal baie vyeen druiwe wees.

23. En julle, mense van Jerusalem,julle moet juig,julle moet bly weesoor julle God die Here,want Hy gee vir julle reënop die regte tyd,Hy gee reën vroeg in die jaaren ook laat in die jaar,soos Hy voorheen gedoen het.

24. Die dorsvloeresal vol koring wees,daar sal baie wyn en olyf-oliein die parskuipe wees.

25. Die Here sê:“Ek het vier maal sprinkanena julle toe gestuur,die sprinkane was my soldateen hulle was baie.Maar nou sal ditweer goed gaan met julle.

26. Julle sal baie kos hê,meer as wat julle kan eet.Julle sal die Naamvan julle God die Here prys.Ek sal vir julle wonderwerke doen,en die ander volke sal my volknooit weer spot nie.

27. Julle sal weetdat Ek by die Israeliete is,Ek is julle God die Here,daar is nie ’n ander God nie.Die ander volke sal nooit weermy volk spot nie.”

28. Die Here sê:“Wanneer dit alles gebeur het,dan sal Ek my Geesgee vir al die mense.Julle seuns en julle dogterssal profete wees.Die ou mense en die jong mensesal droomen sien wat later sal gebeur.

29. Ek sal in daardie tyd my Geesook vir slawe en slavinne gee.

30. Ek sal vir die mense tekens wys.Daar sal bloed op die aarde wees,en vuur en rook in die lug.

31. Die son sal donker word,en die maan sal rooi word.Dan sal die dag van die Herekom,die groot en verskriklike dag.

Lees volledige hoofstuk Joël 2