Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 2:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Julle moet die ramshoringblaas en hard skreeop my gewyde berg Sion.Almal wat in die land woon,moet bewe,want die dag van die Herekom nou, die dag is naby.

2. Dit sal daardie dagbaie donker wees,die wolke sal swart wees.Die sprinkanesal soos baie en sterk soldateoral op die berge weesen hulle sal alles donker maak.Soos die lig in die oggendoor die berge kom,so sal die sprinkaneoral op die berge wees.Daar was nog nooitso baie sprinkane nieen daar sal nooit weerso baie wees nie.

3. Waar die voorste sprinkane vreet,lyk dit of ’n vuur alles afbrand,en wanneer die agterste sprinkaneweggaan, dan is die veld so kaalsoos wanneer dit afgebrand het.Voordat die sprinkane kom,lyk die veld soos ’n baie mooi tuin,en wanneer hulle weggaan,dan lyk die veld soos ’n woestyn.Niks kan daar lewe nie.Daar bly niks oor nie.

4. Die sprinkane lyk soos perde,hulle hardloop soos vinnige perde.

5. Hulle raas soos wanneer oorlogkarre oor die berge jaag,hulle raas soos wanneer kafin ’n vuur brand,soos wanneer baie soldateaankom om oorlog te maak.

6. Al die volke bewewanneer die sprinkane kom,almal skrik,en hulle gesigte word bleek.

7. Die sprinkane hardloopsoos soldate wat kom oorlog maak,hulle klim bo-oor die stad se mure.Elkeen gaan reguit vorentoe,hy draai nie links of regs nie.

Lees volledige hoofstuk Joël 2