hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3

Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 1 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het met Joël gepraat. Joël was die seun van Petuel.

Daar het sprinkane gekom

2. Julle wat leiers is, moet luister,julle almal wat in die land woon,moet hoor wat die Here sê.Die dinge wat nou gebeur,het nog nooit voorheen gebeur nie.

3. Julle moet ditvir julle kinders vertel,en julle kinders moet ditvir hulle kinders vertel,en hulle kinders moet ditook vir hulle kinders vertel.

4. Daar het baie sprinkane gekom,hulle het vier maal gekom,en elke maal het hulleal die plante opgevreet.

5. Die mense wat altyd dronk is,moet nou wakker word en huil.Almal wat lief is vir wyn, moet huil,want daar is niks wynom te drink nie.

6. Die sprinkane was soos soldatewat sterk en baie is.Hulle het die land aangeval,hulle het tande en kakebenesoos leeus.

7. Hulle het die vyebomekaal gevreeten hulle het ook die wingerde verwoes.Hulle het die bome se basafgevreet en uitgespoeg,die takke is kaal.

Julle moet treur

8. Julle moet treur.Julle moet huilsoos ’n jong meisie wat treuromdat haar verloofde dood is.

9. Daar is nie koring-offersen drank-offersby die tempelvan die Here nie.Daarom treur die priesterswat vir die Here werk.

10. Daar groei niksop die koringland nie,die grond is droog.Daar is niks koring nie,die druiwe is droog en dood,en ook die olywe.

11. Die boere weet niewat om te doen nie,hulle huil oor die koringen die gars,want in die grond groei nikswat hulle kan afsny nie.

12. Die wingerde en die vyebomeis droog en dood,en ook die granaatbome,die palmbomeen die appelbome.Al die bome is droog en dood.Daar is niks waaroor die mensebly kan wees nie.

13. Die priesterswat by die altaar werk,moet rouklere aantrek,hulle moet huil en treur.Hierdie mensewat vir my God werk,moet rouklere aantrekook wanneer hulle gaan slaap,want daar is nie koring-offersen drank-offers in die tempelvan hulle God nie.

14. Hulle moet ’n dagaan die Here wyen almal moetop daardie dag vas.Hulle moet die leiersen almal wat in die land woon,bymekaarmaak in die tempelvan hulle God die Here,en dan moet hullevir die Here vra om hulle te help.

15. Die dag van die Here is naby.Dit is ’n dag wanneer almalbang sal wees!Die Almagtige Godwil alles verwoes.

16. Ons sien daar is niksom te eet nie.Niemand is bly in die tempelvan ons God nie,niemand juig nie.

17. Die koringsaad lê nogonder die droë grond,die stoorkamers is leeg,die plekke waar ons koring bêre,val inmekaar,want daar is nie koring nie.

18. Die beeste bulk en raas,hulle loop oral rond,want daar is niks om te vreet nie.Die skape en bokke kry ook swaar.

19. Here, ek bid tot U, help ons.’n Vuur het al die bomeen die veld afgebrandwaar die diere wei.

20. Ook die wilde dierewag dat U help,want daar is nie waterin die riviere nie,en die veld waar hulle wei,het afgebrand.