Ou Testament

Nuwe Testament

Job 19:6-20 Bybel vir Almal (ABA)

6. maar julle moet weet dat dit God iswat my laat swaarkry.Hy het my in sy vangnet gevang.

7. Ek roep en sê Hy maak my seer,maar Hy antwoord my nie.Ek skree en vra dat Hy my moet help,maar Hy doen nie reg aan my nie.

8. Hy het my pad toegemaak,ek kan nie verbygaan nie,Hy laat my in die donker loop.

9. Hy het my verneder,niemand respekteer my nie.

10. Hy laat my swaarkry,Hy breek my af van al die kantesoos ’n mens ’n muur afbreek,ek moet sterf.Ek is soos ’n boom wanneer iemanddit uit die grond getrek het,ek kan nie meer hoop dat dit betersal gaan nie.

11. God is baie kwaad vir my,Hy maak of ek sy vyand is.

12. Sy soldate het almal gekomom my aan te val,hulle het hulle tente opgeslaanrondom my tent.

13. God het my familie weggevat van my.Mense wat ek geken het,maak of hulle my nie ken nie.

14. Mense wat naby my was, het my gelos,mense wat my geken het, het my vergeet.

15. Mense wat by my gewoon het,en my slavinnemaak of hulle my nie ken nie,ek is vir hulle soos iemand van ’n ander land.

16. Wanneer ek my slaaf roep,dan antwoord hy my nie,ek moet hom soebat om iets te doen.

17. My vrou hou nie van my asem nie,my eie kinders sê dat ek stink.

18. Jong kinders respekteer my nie,hulle spot my as ek wil opstaan.

19. My beste vriende wil nie naby my kom nie,ek was lief vir hulle, maar hulle is nou téén my.

20. Ek is baie maer, ek is net vel en been,ek lewe nog, maar my lewe beteken niks.

Lees volledige hoofstuk Job 19