Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 51:7-11 Bybel vir Almal (ABA)

7. “My volk, julle weet wat reg is,julle weet wat Ek wil hê,julle moet luister na My.Julle moenie bang weeswanneer mense julle spot nie,julle moenie skrikwanneer mense sleg praat van julle nie.

8. Dit sal met hulle gaansoos met ou klere en wolwanneer motte dit vreet.Maar Ek sal altyd reg doen,en Ek sal mense red,die mense van elke geslag.”

9. Here, U moet wakker word,U moet wakker word.U moet weer sterk wees.U moet wakker word soos in die tydtoe alles begin het,lank, lank gelede.Dit is U wat vir Rahab stukkend gekap het,dit is U wat vir Tannin doodgesteek het.

10. Dit is U wat die see droog gemaak het,die water van die groot see.Dit is U wat deur die diep see’n pad gemaak hetsodat die Israeliete daar kon deurgaantoe U hulle vrygemaak het.

11. So sal die Israeliete nou terugkomwanneer U hulle vrymaak.Hulle sal juig en aanhou om bly te weeswanneer hulle in Sion kom.Hulle sal vrolik wees en lag,hulle sal nie meer bekommerd weesen nie meer sug nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 51