Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 50:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here sê:“Julle dink Ek het julle weggejaagsoos wanneer ’n man skei van sy vrou.Ek het julle nie weggejaag nie.Julle dink Ek het julle verkoop,soos wanneer ’n man geld skulden sy kinders moet verkoop.Ek het julle nie verkoop nie.Julle het julleself verkooptoe julle baie sondes gedoen het,julle was opstandig teen My,julle het self weggeloop.

2. Ek het na julle toe gekomom julle te help.Hoekom was daar niemand nie?Ek het julle geroep.Hoekom het niemand geantwoord nie?Dink julle Ek kan julle nievrymaak nie?Dink julle Ek is nie sterk genoegom julle te red nie?Julle moet dit weet:Wanneer Ek kwaai praat,dan word die see droog,en die riviere word ’n woestyn.En dan het die visse nie water nie,hulle vrek en stink.

3. Dit is Ek wat die lug donker laat worden dan lyk dit of die lug rouklere dra.”

4. Die dienaar van die Here sê:“Die Here het vir my geleer om goed te praat.Ek weet wat om te sê sodat mensewat moeg is, weer sterk kan voel.Die Here laat my elke oggend wakker worden Hy maak my ore oopsodat ek goed kan luister.

5. Die Here het vir my geleer om te luister,en ek was gehoorsaam aan Hom,ek was nie opstandig nie.

6. Die mense het my op my rug geslaanen hulle het my baard uitgetrek,maar ek het stil gestaan.Hulle het probeer om my te vernederen hulle het in my gesig gespoeg,maar ek het nie my gesig weggedraai nie.

7. Ja, die Here help my, daarom kon die mensemy nie verneder nie.Die Here help my, daarom het ek my gesighard gemaak soos klip.Ek weet hulle sal my nie verneder nie.

8. Die Here sal wys dat ek reg isen dat Hy naby my is.Wie wil my hof toe vat?Kom ons gaan saam daarnatoe.Wie wil my beskuldig?Hy moet kom en dit doen.

9. Julle moet dit weet, die Here help my.Wie is dit wat wil sê ek is skuldig?Dit sal sleg gaan met al my vyande.Hulle sal word soos klerewanneer motte dit vreet.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 50