Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 49:6-20 Bybel vir Almal (ABA)

6. Hy het gesê: “Jy is my dienaar,jy moet die Israeliete terugbring,die mense wat oorgebly hetvan die stamme van Jakob.Maar dit is nie genoeg nie,jy moet nog meer doen,jy moet die lig vir die ander volke wees,Ek wil al die mense op die aarde red.”

7. Die Here praat, die Bevryder van Israel,die Heilige God van Israel.Hy praat met die Israelietewat dink hulle beteken niks,die ander volkehou niks van hulle nie,en hulle is nou die slawevan die mense wat oor hulle regeer.Die Here sê: “Die konings van die ander landesal na julle kyken hulle sal opstaan en buig,want hulle sal weet dat Ek, die Here,doen wat Ek sê.Ek is die Heilige God van Israelen Ek het julle gekiesom aan My te behoort.”

8. Die Here het vir my gesê:“Toe Ek besluit het om my volk te red,het Ek geluister na jou gebed en Ek het jou gehelp.Ek beskerm jou en jy salmy verbond wees met my volk.Jy moet hulle roepom terug te kom na die landen om te kom woon op die plekkewaar nou niemand is nie.

9. Jy moet die gevangenesin donker plekke roep,jy moet vir hulle sêhulle moet uitkom.Hulle sal soos skape loop en wei.Daar sal gras wees op die paaieen op die kaal plekke.

10. Hulle sal nie honger of dors wees nie,en die son sal hulle nie brand nie.Ek is jammer vir hulle,Ek sal voor hulle loop,Ek sal hulle versigtig leina plekke waar waterstrome is.

11. Ek sal al my berge gelyk maaksodat daar ’n hoë grootpad sal wees.

12. Julle moet kyk, my volk sal van ver kom,party sal kom uit die noordeen party uit die weste,en party uit die land Sinim.”

13. Hemel, aarde, berge,julle moet juig en vrolik wees,want die Here laat dit goed gaan met sy volk,Hy help sy mense wat hulleself nie kan help nie.

14. Sion, jy het gesê: “Die Here het my verlaat,my Here het my vergeet.”

15. Maar die Here vra: “Dink julle’n vrou sal haar baba vergeet?Sal sy nie jammer wees vir haar kind nie?Nee, sy sal dit nie doen nie.Maar as sy miskien haar kind sal vergeet,Ek sal jou nie vergeet nie.

16. Sion, jy moet weet, jy is mý stad.Ek het my Naam op jou geskryf,Ek dink altyd aan jou mure.

17. Jou mense sal vinnig terugkom,en die mense wat jou verwoesen stukkend geslaan het, sal weggaan.

18. Kyk rondom jou,jou mense kom bymekaaren hulle kom na jou toe.”Die Here sê: “Ek belowe:Jou mense sal vir jou so mooi weessoos die dinge waarmee ’n bruidhaarself mooi maak.

19. Jy is nou net hope klippe,daar woon nou nie mense in jou nie,en jou land is verwoes.Maar daar sal nie genoeg plek in jou weesvir al jou mense nie.En die mense wat jou verwoes het,sal ver weg wees.

20. Jou mense wat weg was, sal nou vir jou sê:‘Hier is nie genoeg plek vir ons almal nie,jy moet vir ons plek maak,ons wil hier woon.’

Lees volledige hoofstuk Jesaja 49