Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 49:5-7 Bybel vir Almal (ABA)

5. Voordat ek gebore is, het Hy gesêek moet sy dienaar weesen ek moet die nageslag van Jakobna Hom toe terugbring,die Israeliete wat nou ver van mekaar woon.Die Here het my belangrik gemaak,en dit is my God wat my sterk maak.Hy het nou weer met my gepraat.

6. Hy het gesê: “Jy is my dienaar,jy moet die Israeliete terugbring,die mense wat oorgebly hetvan die stamme van Jakob.Maar dit is nie genoeg nie,jy moet nog meer doen,jy moet die lig vir die ander volke wees,Ek wil al die mense op die aarde red.”

7. Die Here praat, die Bevryder van Israel,die Heilige God van Israel.Hy praat met die Israelietewat dink hulle beteken niks,die ander volkehou niks van hulle nie,en hulle is nou die slawevan die mense wat oor hulle regeer.Die Here sê: “Die konings van die ander landesal na julle kyken hulle sal opstaan en buig,want hulle sal weet dat Ek, die Here,doen wat Ek sê.Ek is die Heilige God van Israelen Ek het julle gekiesom aan My te behoort.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 49