Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 48:11-21 Bybel vir Almal (ABA)

11. Ek het dit gedoen omdat Ek die Here is.Ek sal niks laat ontwywat aan My behoort nie,Ek gee nie vir iemand andersdie eer wat Ek moet kry nie.

12. “Nageslag van Jakob,Israeliete, Ek het julle geroep,julle moet luister na wat Ek sê.Ek is die Here,Ek is die eerste, Ek is ook die laaste.

13. Ek het die aarde op sy plek neergesiten Ek het die hemeldak gemaaken Ek het dit styfgetrek soos ’n tent.Ek het gesê die aarde en die hemeldakmoet daar wees, en toe was hulle daar.

14. Nou moet julle almal bymekaarkom en luister.Wie het gesê hierdie dinge sal gebeur?Nie julle gode nie!Ek, die Here, stuur die man van wie Ek hou,hy moet met die stad Babel en sy mensedoen wat Ek wil hê.

15. Dit is Ek wat gepraat het en wat die man geroep het.Ek het gesê hy moet kom,en hy sal kan doen wat hy moet doen.

16. Julle moet nader kom en luister na wat Ek sê.Ek het dit van die begin af vir julle gesê,Ek was daar toe dit begin gebeur het.”Die Here het my gestuur,Hy het vir my en sy Gees gestuur.

17. Ek moet sê dit is die Here wat praat.Hy is die Heilige God van Israelwat vir julle wil vrymaak.Hy sê: “Ek is julle God die Herewat vir julle leer om te doenwat julle moet doen,en Ek lei julle op die padwaar julle moet loop.

18. As julle gedoen hetwat Ek vir julle gesê het,dan sou dit goed gegaan het met julle.Dan sou alles weer reg gewees het.Dit sou gewees het soos ’n rivier wat vloeiof soos die branders van die see.

19. Julle nageslag souso baie gewees het soos sand,en wanneer vyande julle wou doodmaak,dan sou Ek hulle gekeer het.

20. Julle moet uitgaan uit die stad Babel,julle moet vlug.Julle moet juig en hard skree,so hard dat al die mense op die aarde dit hoor.Julle moet sê: ‘Die Here het sy dienaars,die nageslag van Jakob, vrygemaak.

21. Hulle het nie dors gewordtoe hulle deur droë plekke geloop het nie.Die Here het vir hulle water uit ’n rots laat vloei.Hy het die rots oopgebreek,en die water het daaruit gestroom.’

Lees volledige hoofstuk Jesaja 48