Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 45:8-16 Bybel vir Almal (ABA)

8. Ek sal vrede gee soos reënuit die wolke in die lug,soos water uit die fonteinein die grond.Dit sal goed gaan,en almal sal reg doen.Ek, die Here, sal dit doen.”

9. Dit sal sleg gaan met iemandwat wil stry met die Godwat hom gemaak heten wat vir God wil sê Hy doen verkeerd.So iemand is soos ’n stuk van ’n kleipotwat gebreek het.Die klei kan nie praat met die pottebakkeren sê: “Wat maak jy?Jy werk nie reg nie.”

10. Dit sal sleg gaan met iemandwat vir sy pa en sy ma sê:“Ek is julle kind, maar hoekom lyk ek so?”

11. Dit is die Here wat praat,die Heilige God van Israel.Hy het Israel gemaak.Hy sê: “Hoekom vra jullewat sal gebeur en wie my kinders is?Hoekom wil julle vir my sê wat Ek moet doen?

12. Ek het die aarde gemaaken die mense daarop.My hande het die hemeldak gemaaken Ek het dit styfgetrek soos ’n tent,en Ek het gesê al die sterre moet daar wees.

13. Ek het vir Kores gestuurom te doen wat Ek wil hêen Ek maak al sy paaie gelyk.Hy sal my stad weer bouen hy sal my mense laat terugkom,my mense wat nou in ander lande is.Niemand sal hom betaal om dit te doen nie.”Dit sê die Here wat oor alles regeer.

14. Die Here sê vir die Israeliete:“Ek gee vir julle al die koring van die land Egipteen al die geld van die handelaars van die land Kus.Die groot manne van die land Seba sal kom.Julle sal hulle hande vasbind,en hulle sal voor julle buig en sê:‘Regtig, God is by julle,en daar is nie ’n ander God nie, nie een nie.’ ”

15. Niemand sien U nie, o God,maar U is die God van Israel,U red vir Israel.

16. Die mense wat beelde van gode gemaak het,is teleurgesteld,hulle voel verneder en skaam.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 45