Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 42:2-13 Bybel vir Almal (ABA)

2. Hy sal nie vra dat iemand hom moet help nie,hy sal nie hard praat nie,hy sal nie skree in die straat nie.

3. Hy sal nie ’n riet breek wat klaar stukkend is nie,hy sal nie ’n vlam doodblaas wat dof brand nie.Hy sal seker maak dat almal weetwat Ek wil hê hulle moet doen.

4. Hy sal wees soos ’n vlam wat niemand sal doodblaas nie,’n riet wat niemand sal breek nie,totdat hy vir almal op die aarde gesê hetwat Ek wil hê hulle moet doen.Ook die mense wat in die ver lande by die see woon,wag om te hoor wat hy vir hulle sal leer.”

5. God het gepraat.Hy is die Here wat die hemeldak gemaak heten wat dit soos ’n tent styfgetrek het.Hy is die Here wat die aarde gemaak heten alles wat uit die aarde kom.Hy is die Here wat asem en lewe gee aan die mensewat op die aarde is.Hy het gesê:

6. “Ek, die Here, het jou geroep om te doen wat Ek wil hê,en Ek hou jou hand vas en Ek beskerm jou.Jy moet my verbond wees met my volk,jy moet die lig wees vir die ander volke.

7. Jy moet blinde mense weer laat sienen jy moet die mense laat uitkom wat in donker tronke is.

8. Ek is die Here, dit is my Naam.Die mense moet My eer, hulle moet niemand anders eer nie.Hulle moet My prys, hulle moenie die beelde van gode prys nie.

9. Alles het gebeur wat Ek voorheen gesê het,en nou sê Ek wat later nog sal gebeur.Ek sê dit vir julle voordat dit begin gebeur.”

10. Hulle moet ’n nuwe lied sing vir die Here,almal in die wêreld moet Hom prys,die mense op die see en alles in die see,en die mense wat ver van hier langs die see woon.

11. Die mense in die woestynen in die stede in die woestyn,moet die Here prys,die mense in die stede van die land Kedar.Die mense moet juig wat in Sela woon,hoog op die berg,hulle moet op die berge staan en skree.

12. Hulle moet die Here eer,die mense wat ver van hierlangs die see woon, moet Hom prys.

13. Die Here kom soos ’n soldaat wat wil oorlog maak,Hy skree en Hy oorwin sy vyande.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 42