Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 2:4-14 Bybel vir Almal (ABA)

4. Die Here sal die regter weestussen die volke,Hy sal die baie volke vrede laat maak met mekaar.Dan sal die volke hulle swaarde en spiese smelten hulle sal daarvan skerp ysters maak om te ploegen messe om bome se takke af te sny.Die volke sal nie weer oorlog maak teen mekaar nieen hulle sal ook nie leer om oorlog te maak nie.

5. Kom, nageslag van Jakob,kom ons lewe soos die Here vir ons sê.

6. Waarlik, U het u volk gelos, die nageslag van Jakobwant hulle probeer om waarsêers te weessoos die mense in die ooste en soos die Filistyne.Hulle klap hulle handeen probeer om die bose geeste weg te jaag,soos die mense van ander lande.

7. Die land Juda is vol silwer en goud,die mense is baie ryk.Daar is baie perde in die landen die mense het baie oorlogkarre.

8. Die land is vol afgode.Die mense buig voor goed wat hulle self gemaak het.

9. Here, daarom moet U die mense laat buigen U moet hulle verneder.U moet hulle nie vergewe nie.

10. Julle moet wegkruip agter rotse en in gate in die grond,want die Here kom.Wanneer Hy kom, dan sal julle bewe,want Hy is die Koning.

11. Die hoogmoedige mense sal nie weer trots kan wees nie,hulle sal moet buig voor Hom.Net die Here sal op daardie dag belangrik wees.

12. Ja, die dag van die Here sal kom,die Here wat oor alles regeer.Hy sal téén al die hoogmoedige mense wees,teen almal wat dink hulle is belangrik.

13. Hy sal téén al die hoë bome op Libanon-bergen in die land Basan wees,

14. ook teen al die hoë berge en heuwels,

Lees volledige hoofstuk Jesaja 2