Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 2:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Jesaja gewys wat sal gebeur met Juda en Jerusalem. Jesaja was die seun van Amos.

2. Eendag sal die bergwaarop die Here se tempel staan,hoër wees en vaster staanas die ander berge en heuwels.Baie volke sal na hierdie berg kom.

3. Die mense van baie volke sal komen hulle sal sê:“Kom ons gaan op teen die berg van die Here,na die tempel van die God van Jakob.Dan sal Hy vir ons leer wat ons moet doen,en dan kan ons so lewe.Ons moet na Jerusalem gaan,dan sal ons weet wat die Here wil hê ons moet doenen wat Hy vir ons wil sê.”

4. Die Here sal die regter weestussen die volke,Hy sal die baie volke vrede laat maak met mekaar.Dan sal die volke hulle swaarde en spiese smelten hulle sal daarvan skerp ysters maak om te ploegen messe om bome se takke af te sny.Die volke sal nie weer oorlog maak teen mekaar nieen hulle sal ook nie leer om oorlog te maak nie.

5. Kom, nageslag van Jakob,kom ons lewe soos die Here vir ons sê.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 2