Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 10:14-31 Bybel vir Almal (ABA)

14. Ek het alles vir myself gevatwat aan die ander volke behoort,en al hulle lande het my lande geword.Dit was soos wanneer iemand eiers uit ’n nes vatmaar die voël klap nie sy vlerke nie,en hy maak nie sy bek oop en skree nie.”

15. ’n Byl kan nie spogteen die man wat met die byl kap nie,’n saag kan hom nie verbeelhy is beter as die man wat met hom saag nie,’n kierie kan nie die man swaaiwat die kierie optel nie,’n stok kan nie die man optelwat die stok vashou nie.

16. Daarom sal die Here die Assiriërs straf.Die Here wat oor alles regeer,sal die vet Assiriërs maer laat worden Hy sal al hulle mooi goed verbrand.

17. Die Lig van Israel, die Heilige God van Israel,sal ’n vuur word wat op een dagdie dorings en bossies sal verbrand.

18. Hy sal ook die mooi bosse en bome verbrand.Dit is al die Assiriërs, almal wat asemhaal en lewe.Hulle sal verdwyn soos iets wat niks beteken nie.

19. Assirië is die bos, en daar sal min bome oorbly,’n kind sal die bome kan tel.

20. Daardie dag sal die Israeliete wat oorgebly het, die nageslag van Jakob wat nog lewe, ophou dink dat Assirië hulle kan help. Dit was Assirië wat slegte dinge gedoen het aan hulle. Hulle sal weet die Here kan hulle help, die Heilige God van Israel.

21. Die mense wat oorgebly het, sal terugkom, die mense van die nageslag van Jakob wat oorgebly het. Hulle sal terugkom na die God wat oorlog kan maak.

22. Israeliete, julle was so baie soos die sand by die see, maar min van julle sal oorbly en terugkom. Die Here het besluit baie van julle moet sterf, julle straf kom soos ’n watervloed wat oor alles stroom.

23. Die Here wat oor alles regeer, het dit klaar besluit, en Hy sal nie sy plan verander nie. Hy sal al die mense van die land straf.

24. Maar die Here wat oor alles regeer, sê: “My volk wat in Sion woon, julle moenie bang wees vir die Assiriërs nie. Hulle doen slegte dinge aan julle soos die Egiptenaars aan julle voorvaders gedoen het,

25. maar dit sal nie lank aanhou nie. Dan sal Ek nie meer kwaad wees vir julle nie. Ek sal kwaad wees vir die Assiriërs en Ek sal hulle almal doodmaak.

26. Ek, die Here wat oor alles regeer, sal hulle slaan met ’n sweep soos Ek die Midianiete by die Oreb-rots geslaan het. Ek sal my kierie oor die water uitsteek soos toe Ek die Egiptenaars laat sterf het.

27. Wanneer Ek dit gedoen het, dan sal die Assiriërs julle nie meer laat swaarkry nie. Ek sal hulle juk wegvat van julle nek, dan sal julle nie meer hulle slawe wees nie.”

28. Die Assiriërs kom om oorlog te maak. Hulle kom by die stad Aja, hulle gaan by Migron verby, hulle bêre hulle goed in Mikmas.

29. Hulle gaan oor die berge om in Geba te slaap. Die mense van die stad Rama bewe, die mense vlug uit Gibea, die stad van Saul.

30. Die mense van Gallim moet skree, die mense van Lajesa moet luister. Die mense van Anatot kan hulleself nie help nie.

31. Die mense van Madmena vlug, die mense wat in Gebim woon, probeer wegkruip.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 10