Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 7:3-10 Bybel vir Almal (ABA)

3. Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Julle moet reg lewe en reg doen, dan sal Ek by julle in hierdie plek woon.

4. Julle moenie dink dit sal goed gaan wanneer mense sê: ‘Hierdie is die tempel van die Here, die tempel van die Here, die tempel van die Here!’ nie.

5. Maar julle moet waarlik reg lewe en reg doen, julle moet waarlik regverdig wees wanneer julle oordeel,

6. julle moenie vreemdelinge, weeskinders en weduwees laat swaarkry nie, julle moenie onskuldige mense laat doodmaak nie, en julle moenie ander gode dien nie, want dan sal dit sleg gaan met julle.

7. As julle reg lewe en reg doen, dan sal Ek by julle woon in hierdie plek wat Ek vir altyd vir julle voorvaders gegee het.

8. Julle dink dit sal goed gaan wanneer mense vir julle dinge sê wat nie waar is nie en wat julle niks sal help nie.

9. Julle steel en vermoor mense en pleeg egbreuk, julle belowe dinge wat julle nie wil doen nie, en julle vertel leuens, julle bring wierook-offers vir Baäl en julle dien ander gode wat julle nie geken het nie.

10. Julle kan nie al hierdie baie verkeerde dinge doen en dan voor My kom staan in hierdie tempel wat my Naam het, en sê: ‘U sal ons red’ nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 7