Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 5:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here sê:“Loop in die strate van Jerusalemen kyk op al die oop stukke grond,kyk of julle een mens kry wat reg doenen wat wys dat die waarheidvir hom belangrik is.As julle so iemand kry,dan sal Ek die stad se sondes vergewe.

2. “Hulle belowe dinge en hulle sê:‘So seker soos die Here lewe,’maar hulle belowe dingewat hulle nie sal doen nie.”

3. Here, U wil kyk of hierdie mensedoen wat U wil hê.Maar toe U hulle geslaan het,het hulle nie seergekry nie.Toe U hulle laat swaarkry het,wou hulle nie luister nie.Hulle koppe was harder as klip,hulle wou nie verander nie,hulle wou nie lewe soos U wil hê nie.

4. En ek, ek het gedink hulle is soomdat hulle arm mense is,hulle is dom en hulle weet niewat die Here wil hê nie,hulle weet nie dat hulle God wil hêhulle moet reg doen nie.

5. Ek het gedink ek salna die belangrike mense toe gaan,want hulle weet wat die Here wil hê,hulle weet hulle God wil hê hulle moet reg doen.Maar ook hulle is soos beeste wat die jukke breeken die stroppe stukkend ruk.

6. Die Here sê:“Daarom sal leeus uit die bosen wolwe uit die woestyn hulle kom doodmaak,luiperds sal by die stede lê en wagen hulle sal elkeen doodbyt wat uitkom.Dit sal gebeur omdat hulle altydso opstandig was teen Myen omdat hulle My verraai het.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 5