Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 49:24-39 Bybel vir Almal (ABA)

24. Die mense van die stad Damaskus kan niks doen nie,hulle het omgedraai en gevlug, hulle het groot geskrik.Hulle is so bang en hulle kry so seersoos ’n vrou wanneer haar baba gebore moet word.

25. Almal het gepraat oor die stad,en al die mense daar was so vrolik,maar daardie stad sal nou leeg word.”

26. Daarom sê die Here wat oor alles regeer:“Daardie dag sal die jongmanne van Damaskusin die strate van die stad val,en die soldate sal stil word.

27. Ek sal ’n vuur aansteekteen die muur van Damaskus,en die mooi huise wat koning Ben-Hadad gebou het,sal afbrand.”

28. Die Here praat oor die stad Kedar en oor die lande van Gasor. Koning Nebukadnesar het hulle oorwin.Die Here sê:“Julle moet gereedmaak en na Kedar gaan,julle moet die Oosmense verwoes,

29. julle moet hulle tente vat en hulle skape en bokke,hulle tentdoeke en al hulle goed.Julle moet hulle kamele wegvaten julle moet vir die mense skree en sê:Daar kom skrik van al die kante!

30. Mense van Gasor, die Here sêjulle moet vlug,julle moet weghardloop,julle moet diep wegkruip,want koning Nebukadnesar het’n plan gemaak teen julle,hy wil iets doen teen julle.”

31. Die Here het vir Nebukadnesar gesê:“Julle moet gereedmaaken julle moet ’n volk gaan aanval wat dink hulle is veilig.Hulle stede het nie poortewat kan toesluit nie,en hulle woon alleen.

32. Julle kan hulle kamele vaten ook hulle baie skape en bokke.Ek sal hierdie mense wegjaagna al die kante toe,hierdie mense wat die kantevan hulle koppe kaal skeer.En Ek sal hulle laat bang wordvir almal wat daar verbyloop.”Dit sê die Here.

33. Gasor sal ’n plek wees vir jakkalse,daar sal nooit weer mense woon nie,nie een mens sal daar bly nie.

34. Die profeet Jeremia het gehoor die Here praat oor die land Elam. Dit was kort nadat Sedekia koning van Juda geword het.

35. Die Here wat oor alles regeer, sê:“Ek sal die pyl en boogvan die mense van Elam breek,Ek sal hulle beste soldate laat sterf.

36. Ek sal die winde laat waai oor die Elamiete,die winde uit die ooste, die weste,die noorde en die suide.Ek sal hulle wegjaag voor al hierdie winde,Ek sal hulle wegjaag na al die kante toe,daar sal by elke volk ’n paar Elamiete wees.

37. Ek sal die Elamiete laat bang wordvir hulle vyande wat hulle wil doodmaak.Die Elamiete sal voel hoe brand die vuurwanneer Ek kwaad is en hulle laat swaarkry.”Dit sê die Here. Die Here sê: “Ek stuur vyande met swaarde na die Elamiete toe totdat die Elamiete almal dood is.

38. Ek sal self in Elam regeer, Ek sal hulle koning en hulle amptenare almal laat sterf.”Dit sê die Here.

39. Die Here sê ook: “Maar later sal Ek dit weer goed laat gaan met die Elamiete.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 49