Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 46:22-28 Bybel vir Almal (ABA)

22. Egipte sal vlug, soos ’n slangwat blaas en wegseilwanneer die houtkappers in die bos kom.Die soldate van Babel kom om oorlog te maak,hulle kom soos houtkappers

23. wat die bome in die groot bos van Egiptemet hulle byle afkap.Want daar is meer soldate as sprinkane,niemand kan hulle tel nie.

24. Egipte sal die oorlog ver verloor,die volk uit die noorde sal hulle oorwin.”

25. Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê:“Ek sal nou vir Amon, die god van No, straf. Ek sal ook die farao straf, en sy gode en sy konings, die farao en almal wat dink hy kan hulle help.

26. Ek gee hulle vir die vyande wat hulle wil doodmaak, vir koning Nebukadnesar van Babel en vir sy soldate. Maar daarna sal die mense van Egipte weer in hulle land woon, soos lank gelede.”Dit het die Here gesê.

27. “En julle, my dienaars, nageslag van Jakob,julle moenie bang wees nie.Mense van Israel, julle moenie skrik nie,want Ek sal julle red daar ver waar julle is.Ek sal julle nageslag red uit die landwaar hulle gevangenes is.Die nageslag van Jakob sal terugkomen hulle sal veilig wees,en daar sal niks wees wat hulle pla nie,hulle sal vir niemand bang wees nie.

28. “Die Here sê:“Julle, my dienaars, nageslag van Jakob,julle moenie bang wees nie, want Ek is by julle.Ek het julle weggejaag na ander volke toe.Ek sal daardie volke laat verdwyn,maar Ek sal júlle nie laat verdwyn nie.Maar Ek sal julle straf, Ek moet dit doen,Ek kan nie sê julle is onskuldig nie.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 46