Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 41:9-15 Bybel vir Almal (ABA)

9. Ismael het al die lyke van die mans wat hy doodgemaak het, in ’n gat gegooi. Dit was die groot watergat wat koning Asa laat grawe het toe koning Baesa van Israel oorlog gemaak het teen hom. Ismael het die gat volgemaak met die lyke.

10. Ismael het al die mense gevang wat in Mispa oorgebly het. Dit was die prinsesse en al die mense in Mispa. Nebusaradan, die hoof-offisier van die Galdeërs, het vir Gedalja gekies en aangestel om oor hierdie mense te regeer. Ismael het hulle gevang en hy het weggegaan uit Mispa. Hy wou na die Ammoniete toe gaan.

11. Maar Joganan en al die offisiere wat by hom was, het gehoor van al die slegte dinge wat Ismael gedoen het

12. en hulle het al hulle manne geneem om oorlog te gaan maak teen Ismael. Hulle het vir Ismael gekry by die groot dam naby Gibeon.

13. Toe al die mense wat by Ismael was, vir Joganan en die offisiere by hom sien, was hulle baie bly.

14. Al die mense vir wie Ismael gevang het en saamgevat het uit Mispa, het toe weggegaan van Ismael en hulle het na Joganan toe gegaan.

15. Ismael het saam met ag manne gevlug. Hulle het weggekom van Joganan en hulle het na die Ammoniete toe gegaan.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 41