Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 41:7-18 Bybel vir Almal (ABA)

7. Maar toe hulle in die stad kom, het Ismael en die manne by hom begin om daardie mans dood te maak en hulle het die lyke van die mans in ’n gat gegooi.

8. Tien van die mans het vir Ismael gesê: “Jy moet ons nie doodmaak nie, want ons het baie koring, gars, olyf-olie en heuning in die veld weggesteek.”Ismael het toe nie die tien mans doodgemaak saam met die ander mans nie.

9. Ismael het al die lyke van die mans wat hy doodgemaak het, in ’n gat gegooi. Dit was die groot watergat wat koning Asa laat grawe het toe koning Baesa van Israel oorlog gemaak het teen hom. Ismael het die gat volgemaak met die lyke.

10. Ismael het al die mense gevang wat in Mispa oorgebly het. Dit was die prinsesse en al die mense in Mispa. Nebusaradan, die hoof-offisier van die Galdeërs, het vir Gedalja gekies en aangestel om oor hierdie mense te regeer. Ismael het hulle gevang en hy het weggegaan uit Mispa. Hy wou na die Ammoniete toe gaan.

11. Maar Joganan en al die offisiere wat by hom was, het gehoor van al die slegte dinge wat Ismael gedoen het

12. en hulle het al hulle manne geneem om oorlog te gaan maak teen Ismael. Hulle het vir Ismael gekry by die groot dam naby Gibeon.

13. Toe al die mense wat by Ismael was, vir Joganan en die offisiere by hom sien, was hulle baie bly.

14. Al die mense vir wie Ismael gevang het en saamgevat het uit Mispa, het toe weggegaan van Ismael en hulle het na Joganan toe gegaan.

15. Ismael het saam met ag manne gevlug. Hulle het weggekom van Joganan en hulle het na die Ammoniete toe gegaan.

16. Joganan en al die offisiere wat by hom was, het toe al die mense saamgeneem wat oorgebly het en wat hulle by Gibeon vrygemaak het. Dit was al die mans en soldate en vroue en kinders en amptenare vir wie Ismael gevang het nadat hy vir Gedalja vermoor het.

17. Hulle het vir ’n kort tyd gaan woon op die stuk grond wat aan Kimham behoort het, dit was naby Betlehem. Hulle wou na Egipte gaan,

18. want hulle was bang vir die Galdeërs omdat Ismael vir Gedalja vermoor het. Gedalja was die man vir wie die koning van Babel gekies en aangestel het om oor die land te regeer.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 41