Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 4:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here sê:“Mense van Israel, as julle wil terugkom,dan moet julle terugkom na My toe.En as julle die vuil afgode wegvat voor My,dan moet julle nie weer verkeerd doen nie.

2. Julle moet belowe en sê:‘So seker soos die Here lewe,’maar julle moet regtig wil doenwat julle sê.Dan sal die volke bid en vradat Ek hulle moet seën,en hulle sal My prys.”

3. Ja, die Here sê vir die mense van Juda en Jerusalem:“Julle moet weer begin,soos ’n boer wat ’n nuwe land ploegen nie koring saai tussen die dorings nie.

4. Mense van Juda en Jerusalem,julle moet bewys dat julle aan My behoort.Julle laat julle besny,maar julle moet ook julle harte verander.As julle dit nie doen nie, dan sal Ek julle strafoor al die slegte dinge wat julle gedoen het.Die straf sal wees soos ’n vuur wat aanhou brand.”

5. Praat met die mense van Juda en Jerusalem,blaas die ramshoring in die land, skree hard en sê:“Kom bymekaar, ons moet gaan na die stede wat sterk mure het.

6. Hou ’n vlag op in die lug, na Sion toe,soek plek om weg te kruip, moenie staan nie,want Ek laat vyande kom uit die noorde,en dit sal baie sleg gaan met julle.

7. Die vyande wat volke doodmaak, kom,hulle kom soos ’n leeu wat uit ’n bos kom,hulle kom om julle land leeg te maak,hulle sal julle stede verwoes, daar sal nie mense woon nie.”

8. Daarom moet julle rouklere aantrek, julle moet huil en treur,want die Here sal kwaad bly vir ons.

9. Die Here het gesê: “Daardie dagsal die koning en die amptenare bang wees,die priesters sal nie weet wat om te doen nie,die profete sal nie weet wat om te sê nie.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 4