Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 39:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. In die negende jaar nadat Sedekia koning van Juda geword het, in die tiende maand, het koning Nebukadnesar na Jerusalem gekom en hy het die stad van al die kante aangeval.

2. En in die twaalfde jaar nadat Sedekia koning geword het, op die negende dag van die vierde maand, het hulle deur die mure van die stad gebreek.

3. Al die amptenare van die koning van Babel het in die stad gekom en hulle het by die Middel-poort gaan sit. Die amptenare was: Nergal-Sareser van Samgar, Nebu-sar-sekim die hoof-amptenaar, en al die ander amptenare van die koning van Babel. Nergal-Sareser was die hoof van die soldate wat op oorlogkarre geveg het.

4. Toe koning Sedekia van Juda en al sy soldate die amptenare van die koning van Babel sien, het hulle gevlug. Hulle het in die nag uit die stad gegaan deur die poort tussen die twee mure, op die pad na die koning se tuin, en toe het hulle op die pad na die Jordaan-vallei verder gegaan.

5. Maar die soldate van die Galdeërs het hulle gevolg en gejaag en hulle het vir Sedekia gekry op die droë gelyk grond by die stad Jerigo. Hulle het hom gevang en hulle het hom na koning Nebukadnesar toe gebring in die stad Ribla in die land Hamat. Nebukadnesar het besluit hoe hy vir Sedekia wil straf.

6. Hy het Sedekia se seuns en al die belangrike mense van Juda daar in Ribla laat doodmaak terwyl Sedekia moes kyk.

7. Toe het hy Sedekia se oë uitgesteek en hy het hom met kettings laat vasbind om hom na Babel te vat.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 39