Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 37:4-14 Bybel vir Almal (ABA)

4. Jeremia kon in daardie tyd tussen die mense rondloop, want hy was nie toe in die tronk nie.

5. Die soldate van die farao het uit Egipte gekom terwyl die Galdeërs Jerusalem van al die kante aangeval het. Toe die Galdeërs dit hoor, het hulle weggegaan van Jerusalem.

6. Jeremia het gehoor die Here sê vir hom:

7. “Die Here, die God van Israel, sê vir die boodskappers van die koning: Sê vir die koning van Juda wat julle gestuur het om te hoor wat Ek sê: Die soldate van die farao het gekom om julle te help, maar hulle het omgedraai en teruggegaan na hulle land Egipte.

8. Die Galdeërs sal terugkom en hulle sal oorlog maak teen hierdie stad en dit oorwin en dit verbrand.

9. Die Here sê: Julle moenie julleself bedrieg nie, moenie dink die Galdeërs het heeltemal weggegaan nie, want hulle hét nie weggegaan nie.

10. Ook as julle miskien al die soldate van die Galdeërs oorwin wat oorlog maak teen julle, dan sal die soldate wat seergekry het en in hulle tente lê, opstaan, en hulle sal hierdie stad verbrand.”

11. Toe die soldate van die Galdeërs weggegaan het van Jerusalem, het hulle gehoor dat die soldate van die farao kom.

12. Jeremia het toe weggegaan uit Jerusalem. Hy wou na die land Benjamin gaan om sy deel te kry van die grond van sy familie.

13. Maar toe hy in die Benjamin-poort kom, het ’n offisier van die wagte vir Jeremia gegryp. Die offisier was Jirija seun van Selemja seun van Gananja. Jirija het gesê: “Jy wil nou na die Galdeërs toe gaan om saam met hulle te veg.”

14. Maar Jeremia het gesê: “Dit is nie waar nie. Ek gaan nie na die Galdeërs toe nie.”Maar Jirija het nie vir Jeremia geglo nie. Hy het Jeremia gegryp en hy het hom na die amptenare gebring.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 37