Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 35:10-19 Bybel vir Almal (ABA)

10. Ons het in tente gewoon en ons het alles gedoen wat ons voorvader Jonadab gesê het.

11. Maar toe koning Nebukadnesar van Babel na die land gekom het, het ons gesê: ‘Kom ons gaan nou na Jerusalem en gaan woon daar, weg van die soldate van die Galdeërs en die Arameërs.’ ”

12. Jeremia het gehoor die Here sê vir hom:

13. “Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Jeremia, jy moet vir die mense van Juda en vir die mense wat in Jerusalem woon, gaan sê: Die Here vra: Hoekom wil julle nie leer en gehoorsaam wees aan My nie?

14. Die nageslag van Jonadab seun van Rekab drink nou nog nie wyn nie, hulle doen wat hulle voorvader gesê het. Maar julle doen nie wat Ek aangehou het om vir julle te sê nie.

15. Ek het aangehou om my dienaars, die profete, na julle toe te stuur en Ek het vir julle gesê: ‘Asseblief, julle moet terugkom, elkeen moet terugkom en hy moet die slegte pad los wat hy loop. Julle moet reg lewe en julle moenie ander gode dien nie, dan mag julle aanhou woon in die land wat Ek vir julle en julle voorvaders gegee het. Maar julle het nie geluister na My nie, julle was nie gehoorsaam nie.

16. Die nageslag van Jonadab seun van Rekab het gedoen wat hulle voorvader vir hulle gesê het, maar hierdie volk was nie gehoorsaam aan My nie.’ ”

17. Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: “Ek het gesê baie slegte dinge sal gebeur met Juda en met almal wat in Jerusalem woon. Daarom laat Ek dit nou gebeur, want Ek het met hulle gepraat, maar hulle het nie geluister nie, Ek het hulle geroep, maar hulle het nie geantwoord nie.”

18. Maar Jeremia het vir die Rekabiete-familie gesê: “Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Julle het alles gedoen wat julle voorvader Jonadab vir julle gesê het, julle het gelewe soos hy gesê het.

19. Daarom sê Ek, die Here wat oor alles regeer, die God van Israel: Daar sal altyd iemand van die nageslag van Jonadab, seun van Rekab, wees om My te dien.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 35