Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 33:1-10 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het weer met Jeremia gepraat. Jeremia was nog in die tronk in die binneplaas van die wagte.

2. Die Here het gesê: “Dit is die Here wat praat. Ek het die aarde gemaak, Ek het dit gebou sodat dit vas moet staan, my Naam is die Here.

3. Jeremia, jy moet tot My bid, dan sal Ek jou antwoord. Ek sal vir jou groot geheime vertel wat jy nie geweet het nie.

4. “Ek, die Here, die God van Israel, praat oor die huise van hierdie stad en oor die paleise van die konings van Juda. Hulle het party huise afgebreek om die muur van die stad sterk te maak vir die oorlog.

5. Die Galdeërs kom om die huise vol te maak met die lyke van mense wat Ek laat sterf het. Ek was baie kwaad, Ek wou nie meer die mense van hierdie stad sien nie, want hulle het slegte dinge gedoen.

6. Maar nou sal Ek die stad weer bou. Ek sal sy mense gesond maak en Ek sal hulle veilig laat woon.

7. Ek sal dit weer goed laat gaan met Juda en met Israel. Ek sal hulle bou, en hulle sal wees soos hulle voorheen was.

8. Ek sal hulle reinig en die sondes vergewe wat hulle gedoen het toe hulle verkeerd gedoen het en opstandig was teen My.

9. Al die volke op die aarde sal hoor van die goeie dinge wat Ek vir Jerusalem gedoen het, en hulle sal weet dat Ek trots is op die mooi stad wat my Naam het. Die volke sal skrik en verbaas wees omdat Ek al die goeie dinge doen vir die stad en omdat die mense veilig woon in die stad.”

10. Die Here sê: “Julle sê Jerusalem is net ’n hoop klippe, daar is nie mense of diere in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem nie, alles is verwoes, daar woon niemand nie en daar is nie diere nie. Maar Ek sê julle sal weer hoor

Lees volledige hoofstuk Jeremia 33