Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 25:21-29 Bybel vir Almal (ABA)

21. en die mense van Edom en Moab, en die Ammoniete,

22. en al die konings van Tirus en Sidon, en die konings van die land anderkant die see,

23. en die stede Dedan en Tema en Bus, en almal wat die kante van hulle koppe kaal skeer,

24. en al die konings van Arabië, en al die konings van die mense wat in die woestyn woon,

25. en al die konings van Simri, en al die konings van Elam en al die konings van die Mediërs,

26. en al die konings in die noorde, ver van mekaar of naby mekaar. Al die konings van die aarde wat op die aarde woon, moes uit die beker drink. En ná hulle moes die koning van Babel drink.

27. Die Here het gesê ek moet vir hulle sê: “Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Julle moet drink en dronk word en opbring en val en nie weer opstaan nie, want Ek stuur mense om oorlog te maak teen julle.

28. En as hulle nie van jou die beker wil neem en wil drink nie, dan moet jy vir hulle sê: Die Here wat oor alles regeer, sê: Julle sal móét drink.

29. Ek begin eerste by die stad wat aan My behoort en Ek laat hulle swaarkry, maar julle moenie dink Ek sal nie vir júlle straf nie. Nee, Ek sal júlle ook straf, want Ek bring mense om oorlog te maak teen almal wat op die aarde woon.”Dit sê die Here wat oor alles regeer.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 25