Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 23:22-34 Bybel vir Almal (ABA)

22. As hulle daar was toe Ek dit besluit het,dan moet hulle vir my volk sê wat Ek gesê het.Hulle moet my volk laat terugkom van die verkeerde pad,hulle moet my volk laat ophou om slegte dinge te doen.

23. Dink julle Ek is ’n God wat net dinge sien wat naby isen nie ook dinge wat ver is nie?

24. “Niemand kan wegkruip waar Ek hom nie sien nie. Julle moet dit weet: Ek is oral in die hemel en op die aarde.”Dit het die Here gesê.

25. “Daar is profete wat lieg en wat sê Ek het hulle gestuur. Ek het gehoor wat hulle sê. Hulle sê hulle het gedroom en hulle vertel wat hulle gedroom het.

26. Hoe lank sal daar nog profete wees wat lieg en wat self dinge uitdink, mense wat die volk bedrieg en sê Ek het hulle gestuur?

27. Hulle vertel vir mekaar wat hulle gedroom het, hulle wil my volk laat vergeet wie Ek is. Hulle is soos hulle voorvaders wat vir Baäl gedien het en vergeet het wie Ek is.

28. Wanneer ’n profeet gedroom het, dan moet hy sê wat hy gedroom het. Maar wanneer hy gehoor het wat Ek gesê het, dan moet hy presies dieselfde sê.“Kaf is nie koring nie en koring is nie kaf nie. Net so is my boodskap en die dinge wat hulle sê, nie dieselfde nie.”

29. Die Here sê: “Die dinge wat Ek sê, is soos vuur. Dit is soos ’n hamer wat rotse stukkend slaan.

30. Daarom is Ek teen die profete wat sê wat ander profete sê, en wat dan sê dat Ek dit gesê het.

31. Ek is teen die profete wat self dinge uitdink, en dan sê hulle dit is Ek wat dit sê.

32. Ek is teen die mense wat sê Ek het hulle gestuur, en dan vertel hulle drome wat nie waar is nie. Hulle vertel drome en hulle bedrieg my volk. Hulle lieg, en dit maak nie vir hulle saak wat gebeur nie. Ek het hulle nie gestuur nie, Ek het nie gesê wat hulle moet sê nie. Hulle help nie hierdie volk wanneer hulle dit sê nie. Dit is seker.”

33. Die Here sê: “Wanneer hierdie volk of ’n profeet of ’n priester vir jou vra: ‘Wat het die Here gesê?’ dan moet jy vir hulle sê: ‘Hoekom vra julle wat die Here gesê het? Die Here wil nie meer met julle praat nie.’

34. Ek sal die profeet en die priester en die volk straf wat sê hy weet wat Ek gesê het. Ek sal die persoon straf wat dit sê, Ek sal ook sy familie straf.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 23