Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 23:2-7 Bybel vir Almal (ABA)

2. Daarom sê Ek oor die herders wat regeer oor my volk, Ek, die Here, die God van Israel sê: Julle het my skape na al die kante toe gejaag, julle het hulle nie opgepas nie. Ek sal julle nou straf oor die slegte dinge wat julle gedoen het.

3. Ek het my skape na ander lande laat gaan, maar Ek sal self my skape wat nog lewe, bymekaarmaak uit daardie lande. Ek sal hulle terugbring na hulle eie veld waar hulle gewei het. Hulle sal vrugbaar wees en baie word.

4. Ek sal herders kies en aanstel om oor hulle te regeer. Hulle sal nie weer bang word en wegraak nie.”Dit sê die Here.

5. Die Here sê: “Julle moet dit weet, Ek sal eendag iemand kies en aanstel wat die regte koning sal wees van die nageslag van Dawid. Hy sal ’n wyse koning wees wat reg sal regeer en reg sal doen aan almal in die land.

6. In die tyd wanneer hierdie koning regeer, sal die mense van Juda weer vry word, en die mense van Israel sal veilig woon. Die naam van die koning sal wees: Die Here doen reg aan ons.”

7. Die Here sê: “Daarom sê Ek: Die mense het altyd gesê: ‘So seker soos die Here lewe, die Here wat die Israeliete uit Egipte gebring het.’ Maar later sal hulle dit nie meer sê nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 23