Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 22:8-20 Bybel vir Almal (ABA)

8. “Baie mense sal by hierdie stad verbykom en hulle sal vir mekaar vra: ‘Hoekom het die Here dit gedoen met hierdie groot stad?’

9. En hulle sal sê: ‘Die Here het dit gedoen omdat die mense van hierdie stad die verbond met hulle God die Here gebreek het. Hulle het weggegaan van die Here, hulle het voor ander gode gebuig en hulle gedien.’ ”

10. Julle moenie huil oor die koning wat dood is nie,julle moenie oor hom rou nie.Julle moet huil oor die koning wat moes weggaan,want hy sal nie terugkom nie,hy sal die land nie weer sien nie,die land waar hy gebore is.

11. Want die Here sê oor Sallum, seun van koning Josia van Juda: “Sallum het weggegaan van hier en hy sal nie hiernatoe terugkom nie.

12. Want die vyande het hom weggevat na ’n ander land, en in daardie land sal hy sterf. Hy sal hierdie land nie weer sien nie.”

13. Die Here sê:“Dit sal sleg gaan met die koning wat vir hom ’n paleis bou,’n paleis met bo-kamers.Hy laat mense dit bou maar hy betaal hulle nie,hy laat hulle werk, maar hy gee hulle niks.

14. Hy sê hy wil ’n groot paleis bou met bo-kamers,die wind moet daardeur waai.Hy sit vensters in,hy maak die mure toe met sederhouten hy verf dit rooi.

15. Jojakim, dink jy dat jy ’n koning isomdat jy hou van baie sederhout?Jou pa het elke dag geëet en gedrink,en hy het ook elke dag reg gedoen aan mense,en dit het goed gegaan met hom.

16. Hy het reg gedoen aan arm mense,mense wat hulleself nie kon help nie.Toe het dit goed gegaan.Dit wys dat hy geweet het wie Ek is.”Dit sê die Here.

17. “Maar jy, Jojakim, jy wil alles hê wat jy sien,jy laat onskuldige mense sterf,jy vat alles wat jy wil hê en jy verdruk die mense.”

18. Die Here sê oor Jojakim seun van koning Josia van Juda:“Daarom sal Jojakim se familie nie oor hom rou nieen die mense oor wie hy regeer, sal nie oor hom rou nie.

19. Wanneer hulle hom begrawe, dan sal dit weessoos wanneer mense ’n donkie uit die stad sleepen buite weggooi.”

20. Die Here sê vir koning Jojakim:“Jy moet opklim teen die Libanon-bergen jy moet huil,jy moet hard skree in die land Basan,jy moet gaan staan op die Abarim-bergeen vra iemand moet jou help,want daar het niemand oorgebly nie,almal vir wie jy lief was, is dood.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 22