Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 22:2-19 Bybel vir Almal (ABA)

2. Jy moet sê: Jy, koning van Juda wat op die troon van Dawid sit, jy moet luister na wat die Here sê, jy en jou amptenare en jou mense wat hier in die poorte kom om te oordeel.

3. Die Here sê: Julle moet reg doen en julle moet die mense straf wat verkeerd doen. Julle moet die mense help wanneer ander mense hulle goed gevat het, julle moenie vreemdelinge, weeskinders en weduwees laat swaarkry nie, julle moenie in hierdie plek mense laat doodmaak wat onskuldig is nie.

4. As julle regtig reg doen, dan sal daar konings kom wat op die troon van Dawid regeer. Die konings en hulle amptenare en hulle mense sal deur die poorte van hierdie paleis kom en hulle sal op waens en perde ry.

5. Maar as julle nie luister nie, dan sal Ek hierdie paleis afbreek, dit belowe Ek.”

6. Ja, die Here sê oor die paleisvan die koning van Juda:“Jy was vir My soos die land Gilead,soos die bome op die Libanon-berg,maar Ek sal jou laat wordsoos ’n woestyn waar niemand woon nie.

7. Ek sal mense stuur om jou te verwoes,hulle sal kom met hulle byleen hulle sal jou mooi sederhout plankestukkend kap en in die vuur gooi.

8. “Baie mense sal by hierdie stad verbykom en hulle sal vir mekaar vra: ‘Hoekom het die Here dit gedoen met hierdie groot stad?’

9. En hulle sal sê: ‘Die Here het dit gedoen omdat die mense van hierdie stad die verbond met hulle God die Here gebreek het. Hulle het weggegaan van die Here, hulle het voor ander gode gebuig en hulle gedien.’ ”

10. Julle moenie huil oor die koning wat dood is nie,julle moenie oor hom rou nie.Julle moet huil oor die koning wat moes weggaan,want hy sal nie terugkom nie,hy sal die land nie weer sien nie,die land waar hy gebore is.

11. Want die Here sê oor Sallum, seun van koning Josia van Juda: “Sallum het weggegaan van hier en hy sal nie hiernatoe terugkom nie.

12. Want die vyande het hom weggevat na ’n ander land, en in daardie land sal hy sterf. Hy sal hierdie land nie weer sien nie.”

13. Die Here sê:“Dit sal sleg gaan met die koning wat vir hom ’n paleis bou,’n paleis met bo-kamers.Hy laat mense dit bou maar hy betaal hulle nie,hy laat hulle werk, maar hy gee hulle niks.

14. Hy sê hy wil ’n groot paleis bou met bo-kamers,die wind moet daardeur waai.Hy sit vensters in,hy maak die mure toe met sederhouten hy verf dit rooi.

15. Jojakim, dink jy dat jy ’n koning isomdat jy hou van baie sederhout?Jou pa het elke dag geëet en gedrink,en hy het ook elke dag reg gedoen aan mense,en dit het goed gegaan met hom.

16. Hy het reg gedoen aan arm mense,mense wat hulleself nie kon help nie.Toe het dit goed gegaan.Dit wys dat hy geweet het wie Ek is.”Dit sê die Here.

17. “Maar jy, Jojakim, jy wil alles hê wat jy sien,jy laat onskuldige mense sterf,jy vat alles wat jy wil hê en jy verdruk die mense.”

18. Die Here sê oor Jojakim seun van koning Josia van Juda:“Daarom sal Jojakim se familie nie oor hom rou nieen die mense oor wie hy regeer, sal nie oor hom rou nie.

19. Wanneer hulle hom begrawe, dan sal dit weessoos wanneer mense ’n donkie uit die stad sleepen buite weggooi.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 22