Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 15:1-10 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir my gesê: “As Moses en Samuel self vir My kom soebat, dan sal Ek nog nie tevrede voel met hierdie volk nie. Stuur die volk weg, Ek wil hulle nie sien nie.

2. En wanneer hulle vir jou vra: ‘Waarnatoe moet ons gaan?’ dan moet jy vir hulle sê:“ ‘Party van julle sal sterf van pes,die vyande sal party van julle doodmaak,party van julle sal sterf omdat daar nie kosis om te eet nie,en die vyande sal party van julle vang en wegvat.

3. “ ‘Ek sal julle straf op vier maniere: Die vyande sal party van julle doodmaak met swaarde, die honde sal julle dooie liggame wegsleep, die voëls sal julle vleis eet, die wilde diere sal julle opvreet.

4. Al die volke van die aarde sal skrik wanneer hulle sien wat met julle gebeur. Ek sal dit doen oor wat Manasse, seun van koning Hiskia van Juda, gedoen het.

5. “ ‘Mense van Jerusalem,niemand sal jammer wees vir julle nie,niemand sal bekommerd wees oor julle nie,niemand sal afgaan van sy paden kom vra hoe dit met julle gaan nie.

6. Julle het My gelos en weggegaan.Daarom het Ek my hand uitgesteeken julle plat geslaan,Ek wil nie meer jammer wees vir julle nie.

7. Ek het my volk soos kaflaat wegwaai van die dorsvloereby die poorte van die stede.Ek het my volk se kinders weggevaten hulle laat sterf.Maar my volk het nie hulle lewe verander nie.

8. Ek het hulle weduwees meer gemaakas die sand van die see,Ek het in die middel van die dagmense laat kom wat die ma’s van jongmanneaangeval het.Hulle het skielik geskrik en bang geword.

9. Ma’s wat sewe kinders gehad het, het bleek geworden kon nie asem kry nie.Hulle son het ondergegaan toe dit nog dag was,hulle het gesterf voordat hulle oud was.Hulle het al hulle kinders verlooren hulle het nie geweet wat om te doen nie.En Ek sal vyande laat komom almal dood te maak wat nog lewe.’ ”

10. Ek, Jeremia, het gesê:“Ma, dit gaan sleg met my.Ek, jou kind, moet al die mense in die land beskuldigen vir hulle sê hulle het verkeerd gedoen.Ek het vir niemand geld geleen nie,en ek het by niemand geld geleen nie,maar almal wil hê ek moet sterf.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 15